TV & VIDEO DOCTOR ONDERSTEUN AFRIKAANSE MEDIA
012-664 5223 < CLICK to Call 
U TROTSE AFRIKAANSE TV INSTALLEERDERS
MAIN MENU
Menu

DSTV satelliet kanale – Waar Afrikaans Leef

DSTV bied verskeie Afrikaanse kanale en is een van die beste keuses vir Afrikaanse vermaak. Propvol trotse Afrikaanse programme met kwaliteit uitsendings 24uur n dag. Kontak TV & Video Doctor vandag vir jou geakrediteerde DSTV installasie..

Druk HIER om nou een van ons vriendelike en professionele personeel lede te kontak.


DSTV Kanale in Afrikaans:

kykNet Logo

kykNET - DSTV Kanaal 144 is deel van Afrikaanse televisie vir langer as 15 jaar en offer 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak . Van hope musiek en onderhoude met SA en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies – daar’s iets vir die hele familie!

Webwerf
kykNet NOU Logo

kykNET NOU! - DSTV Kanaal 145 is jou unieke en sosiale Afrikaanse musiek en vermaakbestemming op televisie. Ons almal deel n liefde vir musiek en die kunstenaars in die vermaaklikheidsbedryf. kykNET NOU! vervang kykNET Musiek en hou nou vele meer programme in vir meer vermaak.

Webwerf
kykNet en KIE Logo

kykNET & kie - DSTV Kanaal 146 is n opwindende en belangrike nuweling in die kykNET familie. kykNET & kie is n volbloed verskeidenheidskanaal en ook die kleinspan word nie afgeskeep nie en bied vir kykers n wyer spektrum programme aan in Afrikaans.

Webwerf
VIA - Vroulike vermaak vir alle ouderdomme!

Via. - DSTV Kanaal 147 is n vars, interessante en avontuurlustige kanaal. Via. het 22 nuwe leefstylprogramme oor n verskeidenheid onderwerpe soos diet, kos en verhoudings. Dit fokus op Afrikaanse vroue en hulle gesinne.

Webwerf

DSTV Afrikaans Musiek:

DSTV bied verskeie Afrikaanse radio stasies aan, onder is n volledige lys wat op die oomblik beskikbaar is op DSTV:

GrootFM op DSTV kanaal 920

GROOT FM – DSTV Kanaal 920 is ‘n radiostasie met ‘n kommersiële basis en ‘n sterk gemeenskapsbelang wat in Afrikaans uitsaai en die groter Pretoria metropool bedien. Goeie Afrikaanse musiek en internasionale kontemporêre musiek vorm die kern van die stasie en is ook vermeng met lekker gesels oor die relevante sake van die dag.

Webwerf
RSG op DSTV kanaal 913

Radio Sonder Grense (RSG) – DSTV Kanaal 913 bied vir jare lank die beste in nuus, musiek, radio-teater en aktualiteits programme oor landbou, gesondheid, kos en vele meer vir die ingeligte Suid Afrikaaner.

Webwerf
DMX - Trots Afrikaans op DSTV kanaal 815

DMX – Trots Afrikaans – DSTV Kanaal 815 speel meestal kontemporêre musiek.

Kosmos Radio op DSTV kanaal 876

Kosmos Radio – DSTV Kanaal 876 met wortels in Namibie maak hierdie kanaal hoe kwaliteit Afrikaanse uitsending maklik bekombaar.

Webwerf
Pretoria FM op DSTV kanaal 887

Pretoria FM – DSTV Kanaal 887 is ‘n gemeenskap-gebaseerde radiostasie gevestig in Pretoria, Suid-Afrika. Ons programme is gerig op Afrikaaners wat passievol is oor musiek.

Webwerf

OVHD Kanale in Afrikaans: (Gratis kyk tyd vir ewig)

Kontak ons vandag deur HIER te druk vir jou installasie van OVDH wat ASTV en al die odergenoemde kanale insluit. TV & Video Doctor offer hierdie installasies as n geakrediteerde OVHD installeerder.

ASTV - Vir Ons Mense

Afrikaanse Satelliet Televisie (ASTV) – OVHD Kanaal 151 saai baie lekker programme uit. Als in Afrikaans! Die kanaal is gestig om n diens te lewer as n plaaslike gemeenskaps televisie kanaal met Christelike beginsels. ASTV fokus op kwaliteit gesins vermaak, aktualiteits en kos programme wat nasionaal uitgesaai word. Alle programme is van die hoogste gehalte, nie-diskrimenerend en ook opvoedkundig. Met of StarSat of OVHD kan jy ASTV se volle trefkrag geniet.

Webwerf
KruisKyk - OVHD

Kruis Kyk - OVHD Kanaal 901 vul vir byna n dekade lank die huise van kykers met bemoedigende boodskappe, aktualiteits programme, kinderprogramme en musiek. Ons sal mense se lewens doelgerig positief beinvloed deur die krag van Goeie Nuus, in jou eie taal.

Webwerf

OVHD Afrikaans Musiek:

Bokradio - Trotse Kaapse radio stasie!

Bokradio – OVHD Kanaal 601 is n jong progressiewe Afrikaanse Radiostasie van Kaapstad met volwasse kontemporêre program inhoud.

Webwerf

TV + VIDEO DOCTOR, ALL RIGHTS RESERVED 2017

SITE MAP